Oor ons

Ons is ‘n kerk, gebaseer op Johannes 21:15-19

1. Ons Geloofsbeginsels

  • Die Bybel is ons hoogste gesag teenoor alle grondwette, instellings en bepalings.
  • Ons glo in God die Vader, Jesus Christus Sy Seun, en die Heilige Gees.
  • Geen kompromie met afgodery of wêreldse invloede word geduld nie.
  • Die volle Woord van God — Ou en Nuwe Testament — word aanvaar as die onveranderlike waarheid wat aan ons deur Jesus Christus gegee is.

2. Lidmaatskap en Aansluiting

  • Alle mense, ongeag ras of nasie, is welkom om deel te wees van hierdie geestelike gemeenskap.
  • Bozrah Gesinskerk is nie ’n orde of ’n denominasie nie, maar ’n liggaam van gelowiges wat deur die Heilige Gees aan mekaar verbind word.
  • Daar is geen mensgemaakte strukture wat mense bind of beperk nie; ons eenheid lê in Christus alleen.
  • Lidmaatskap funksioneer op grond van geestelike verbondenheid, wederkerige liefde, en die uitlewing van Bybelse beginsels.

3. Bybelse Struktuur en Leierskap

  • God die Vader is die Hoof van Jesus Christus.
  • Jesus Christus is die Hoof van die Bediening en die Kerk.
  • Die Heilige Gees is ons Trooster en Lei ons in alle waarheid.
  • Leiers en bedienaars funksioneer onder die gesag van Christus en vervul rolle wat deur Hom aangewys is.
  • Niemand word as minder of meer geag nie; elkeen dien volgens die genade en roeping wat God gee.
  • Die doel van elke leiersrol is om die Koninkryk van God uit te brei en Sy wil te bevorder.
  • Rebellie, verdeeldheid en onbybelse gesindhede word nie toegelaat binne die liggaam van Christus nie.

4. Gemeenskap en Funksionering

  • Gemeenskap tussen gelowiges word gebou op respek, liefde en diensbaarheid.
  • Besluite en bedieninge word slegs gelei deur die Woord van God en die leiding van die Heilige Gees.
  • Enige persoon wat verdere inligting verlang of besoek wil aflê, is welkom om kontak te maak met die bediening.

5. Doel en Sending

  • Ons doel is om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig en mense te lei tot ’n verhouding met Hom, en Jesus Christus se Stem te leer ken.
  • Ons streef daarna om die liggaam van Christus toe te rus, te versterk en te verbind deur Bybelse leer, gebed en diens.
  • Alle aktiwiteite en besluite word gemaak tot eer van God en tot voordeel van Sy Koninkryk.








Wie is Bozrah Gesinskerk?